Land die 13Jan in ‘n bekende mar wel vreemde land met die hoogste verwagtinge ,customs was geen probleem nie net ‘n bietjie probleme met die long x-ray wat in die hand begaasie moes wees en nie op die vliegtuig nie ,’n uur later en hulle het weer ‘n x-ray geneem en alles was wel .
Die eerste keer op die “underground” was ‘n baie lekker ervaring dit was egter die eerste keer in 6jaar wat ek op ‘n trein was en dit skaars ‘n paar minute na my eerste keer op ‘n vliegtuig . Propvol adrenalien kom ek by my huis in Leytonstone aan dit was klaar pik donker teen 4 pm en kon nie eers die huis mooi van buite aanskou nie .Ek word my kamer gewys ,my roommate was seker die vuilste ou wat ek ooit ontmoet het, die kamer het sommer so ‘n pong reuk van ou tekkies en stink voete .Die eerste aand mis ek sommer al klaar SA veral my Setra bed want ek het elke ‘spring’ op my rug gevoel toe weet ek sommer dit gan ‘n moeike aand wees .Dit was ‘n huis met nege mense en een badkamer ….


Die volgende oggend het ek vir my kos en beddegoed gan koop mar net £10 vir 2 pillows, duvet en covers by Tesco, dis ook die plek waar ek besluit het om nie meer coke te koop nie teen £1,64 vir ‘n 2L (R25.20) was dit goedkoper om die lekkerste sappe te koop en vars groente en vrugte ,die beste dieet ooit want na 2 weke moes ek my beld een knoop kleiner maak ,dit is nou wat gebeur as jy nie jou ma se lekker kos eet nie.
Verder die dag het ek gehoor dat ek ‘n permit moet kry om te begin werk in die UK en dit is nou net vir dat hulle jou kan taxop jou salaris geen manier wat jy kan werk sonder die damn ding nie en my moed het sommer gesak toe ek hoor dit vat 2-3 weke vir die permit om te kom, maar dit het beter gegaan toe ek hoor my roommate trek uit ..
minwetende dat ek gevra gan word om te trek in die volgende week omdat hulle nie ‘n plaasvervanger kan kry vir my kamer nie toe kry hulle sommer 2 nuwe girls om daar te kom bly ..
In die nuwe huis het ek sommer lekker gebly ons was net vier en daar was ‘n Italian huurder wat gesorg het dat almal hul kant bring om skoon te maak .
soek in tussen nog werk soos die geld klaar raak
Sondag 2 Feb ’09
Klim net uit die stort uit en kyk by die venster uit om ‘n baie onbekende ding te sien, SNEEU ek het eers gedink dis ‘n gans wat al sy vere verloor het want dit was glad nie koud nie .Dit was die ergste sneeu in 20 jaar in London maar nie naastenby so erg soos 40 jaar terug. Dis mos nou global warming .Die twee weke wat daarop volg was die koudste wat ek nog ooit gekry het ek het 4 baadjies aan en dit was nog te koud en ek het ‘n hele paar keer gaval op sneeu vat in soliede ys verander het oornag ‘lekker pynvolle bloukolle gekry daarvan .



einde Feb 2009
My neef nooi my om by hom te kom bly want my geld was klaar en nog steed geen werk nie.